Slavery in South Africa

Martha Solomon(s) en Harry Grey

Martha Solomons het aan die einde van die neëntiende eeu - waarskynlik in die 1860's rond - in ’n huisie in Bainstraat, Wellington gewoon. Sy was die dogter van ’n slawevrou, Rebecca, van Kaapstad. Rebecca moes 'n bekende persoonlikheid van die dag gewees het, want daar is foto's van haar in die SA Bibioteek, meesal in Victoriaanse drag.

 

Een van die foto's het die byskrif: Rebecca, Queen of the Streets. Rebecca was een van die kleurvolste persoonlikhede van die Kaapse strate van vroeër dae. Annette Joelson noem haar in South African Yesterdays "the most celebrated odd woman character of the nineteenth-century Cape Town".

 

Volgens ’n artikel van R. R. Langham-Carter (Familia Vol. XXI 1 (1985) no. 4) was Rebecca aanvanklik die elendom van 'n sekere regter Truter, en daarna dié van die eerste Britse sterrekundige aan die Kaap, Rev. Fearon Fallows, by wie sy tot met die vrystelling van die slawe in 1834 gebly het. Hierna het sy na die middestad verhuis, waar sy skynbaar as "self-employed cook" 'n lewe begin maak het.

 

Dis ook op die Kaapse strate waar haar eksentrieke gedrag begin het. Sy het haar dikwels in linte, vere of toiingrige klere geklee, en met brandewynbottel in die hand verbygangers in afstootlike taal beledig - soveel so, dat sy enkele kere tronk toe gestuur is. Dit kan met redelike sekerheid aangeneem word dat sy ook van haar dae op Robbeneiland as gevangene ('jailbird") deurgebring het, Rebecca het ook as gesellin van mans geld verdien. Waarskynlik het die geld wat sy hier verdien het, gehelp om haar dogter Martha na ’n skool vir vrygesette slawe in die Bovlei, Wellingtondistrik, te stuur.

 

Volgens dr. Richard van der Ross, ’n kenner van die Martha Solomon(s) verhaal - is sy na "haar pa se mense" in die Bovlei, Wellington gestuur. Rebecca moes dus heel moontlik met 'n man uit die Wellington-distrik ook verkeer gehad het. Daar, in die Bovlei distrik Wellington, het Martha geringe skoling gehad op basiese vlak in ’n skool van die Paryse Sendinggenootskap wat deur eerwaarde Bisseux begin is.

 

Of dit in diétyd is dat die swerflus vir Rebecca beetgepak het, is ook onseker. Daar kan egter met groot stelligheid verklaar word dat Rebecca en haar dogter in 'n stadium ook in Namakwaland was, miskien agter die koperopbloei in die laat 1860' s aan. Daar is verskeie foto's van Rebecca in sekere werke oor die geskiedenis van die kopermyne (Aspects of the History of Coppennining in Namaqualand 1846 - 1931 - John Smalberger.) In Namakwaland kruis Martha se pad waarskynlik die eerste keer met 'n uitgeworpe Engelse edelman met die naam van Harry Grey. Harry Grey was die seun van 'n Engelse predikant van adellike afkoms, ook ’n Harry Grey. Harry Grey het soos sy vader ’n goeie opvoeding gehad, aan Oxford studeer, en ook Anglikaanse predikant geword.

 

Maar Harry junior het ’n swakte vir drank en en vir vroue gehad - veral vroue van nederige afkoms. Die gevolg was dat hy as “remittance man” uitgestuur is na die destydse Suid-Afiikaanse kolonie. Hier aangeland, het by waarskynlik eers 'n tydjie in die Wynberg-omgewing gebly, waama hy moontlik ook Narnakwaland toe is. Dis in Narnakwaland waar sy pad moontlik die eerste keer met Martha die nederige dogter van 'n slawevrou, gekruis het. Intussen het Rebecca heel moontlik van geld wat sy op die Kaapse strate verdien het, ’n huisie bekom in Bainstraat, Wellington, die omgewing van die pa van haar dogter Martha.

 

Martha, intussen die moeder van verskeie kinders by verskeie mans, neem haar intrek in die Bainstraathuisie. En dis hier waar - volgens die dagboek van Elaine Marais, ’n vroeëre inwoner van Wellington - die herontmoeting ná Namakwaland tussen Harry en Martha plaasvind. Van Narnakwaland af het Harry terug geswerf, waarskynlik oor Bainskloof tot in Bainstraat waar hy een nag laat - baie siek, "ill and destitute" skryf Elaine Marais in haar dagboek - aanklop. Hier het hy dan waarskynlik 'n tyd lank vertoef. Hiervandaan sou Harry volgens die dagboek van Elaine Marais ook Daljosafat toe beweeg het, waar hy by ’n sekere Jan Potklei op die plaas Goede Rust bees oppas, en dikwels mense langs die pad omkoop om vir hom drank te bring. Na ’n tyd beland hy weer in Wynberg, waar hy met ’n sieklike en ongeletterde blanke vrou, Annie McNamara, trou. Martha word eers agter gelaat, vermoedelik in haar huisie in Bainstraat, Wellington. Sommige weergawes van die verhaal beweer dat Martha hiema vir Annie help verpleeg het, en ná Annie se dood in die huis saam met Harry aangebly het. Vandaar af het Harry en Martha se paaie nie weer geskei nie. Harry verwek ’n seun, John, by Martha, en kort daama 'n dogter, Frances, wat vroeg aan die pokke dood is.

 

Intussen bevriend Martha en Harry vir dr. Philip Faure van die Wynbergse gemeente. Hy oorreed hulle om in 1880 te trou, nadat Harry baie siek was. In 1883 gee ‘n onverwagse gebeurtenis 'n dramatiese wending aan Harry en Martha se storie. Die sewende graaf ("earl") van Stamford, ’n neef van die "remitted" Harry, val van sy perd af tydens ’n vossejag en sterf, en omdat hy kinderloos is, is Harry Grey in Suid-Afrika die volgende in die ry vir die titel. Harry Grey, die “remittance man”, die dronkaard, word die agste Earl of Stamford. Hy ontvang saam met die titel "Eighth Earl of Stamford," sitting in die Engelse parlement, en erf eiendomme wat hom ’n inkomste van ongeveer £8000 per jaar besorg.

 

Daannee koop hy mettertyd uitgebreide eiendomme in veral Muizenberg, Claremont en Wynberg. Hy gee ook baie vir die kerk, want Harry het intussen tot ’n groot mate hervorm. Martha bly, ten spyte van die erftitel, volgens alle rekords ’n eenvoudige, nederige mens. Harry sterf in 1890, en met Martha se erfporsie gee sy grond in Gosport Weg, Wynberg, vir 'n skool wat beskeie begin, maar mettertyd uitgroei tot die latere bekende Battswood College, waaraan bekende name soos byvoorbeeld dr. Richard van der Ross en ds. David Botha, verbind is.

 

Martha het later terug gekeer Wellington toe en met 'n sekere Pieter Pieterse getrou. Hulle is terug Wynberg toe waar hulle gebly het totdat Martha in 1916 oorlede is.

 

Source: Rust, Winnie. 2000. Limietberge. Die fiksionalisering van die klein-geskiedenisse van enkele vrouefigure van Wellington. Unpublished M.Litt dissertation, University of Stellenbosch.

 

------------------------------------------------------------------------

 

Copyright © 2002 Iziko Museums of Cape Town